Net vir die Brawe: Die Beperkte K-Was Reeks

Gift Pack

Die Warmste Collab van die Jaar

Wanneer TikTok se stoutste tong en Suid-Afrika se vurigste sous saamspan, weet jy iets groot is aan die broei.
Bostokelos en K-Was het kragte saamgesnoer om ’n beperkte uitgawe sousreeks te bring wat net soveel attitude het soos smaak. Dis vier unieke souse – elk met sy eie flavour én flavour van taal, want K-Was het self gehelp kies, proe en label.

Van “Sagter op die o-rings” tot “Brand jou in jou M” – dis meer as net branding, dis ’n ervaring. Of jy nou nuuskierig is, dapper voel, of net lus is vir iets wat jou laat sweet en lag tegelyk, hierdie reeks is vir jou.

Handgemaak. Beperkte voorraad. Propvol gees.
Dis nie net ‘n sous nie – dis content vir jou tong.

Gee die Geskenk van ’n Ervaring

Dis nie net sous nie — dis ’n vonk in ’n bottel.
Met elke druppel gee jy nie net geur nie, jy gee geselskap, herinneringe en daardie onvergeetlike “eish maar dis lekker!” gevoel.

Of dit nou vir ’n braaivriend, ’n chili-junkie of ’n waaghalsige ouma is — Bostokelos is die ideale geskenk vir enigeen wat hou van smaak met ’n bietjie drama.

Gee vuur. Gee lag. Gee Bostokelos.

Shopping Cart