Wat Ons Klante Sê
"Ek’t nog nooit ’n sous gehad wat my laat lag én huil nie – Bostokelos is vuur met ’n persoonlikheid!"
Leatitia van Centurion
"Groen Mamba is my daaglikse metgesel. Ek sit hom op alles – van ontbyt tot braai. Net genoeg skop, maar vol geur!"
Kobus, George
"Boetie Moer het my man laat sweet soos in ‘n gym – dis nou ’n sous met respek!"
Marlize, Pretoria-Oos
Gee die Geskenk van ’n Ervaring
Dis nie net sous nie — dis ’n vonk in ’n bottel.
Met elke druppel gee jy nie net geur nie, jy gee geselskap, herinneringe en daardie onvergeetlike “eish maar dis lekker!” gevoel.
Of dit nou vir ’n braaivriend, ’n chili-junkie of ’n waaghalsige ouma is — Bostokelos is die ideale geskenk vir enigeen wat hou van smaak met ’n bietjie drama.
Gee vuur. Gee lag. Gee Bostokelos.
Veilige Betaling
Al jou betalings is SSL-sekure — geen kans vir glitches, net gladde transaksies.
Afgelewer met Omgee
Blitsvinnige aflewering tot by jou voordeur — sonder drama, net warm sous.
Uitstekende Diens
Ons beantwoord e-posse binne 24 uur — vinnig, vriendelik, en sonder nonsens.






