Boetie Moer is vir die dapper. Die geur begin bedrieglik vrugtig — citrusagtig en sonnig — maar moenie jouself flous nie. Daardie vlam wag net om toe te slaan. Hierdie sous is nie vir beginners of ligte eters nie. As jy glo jy’t al alles probeer… wag net.
Ideaal vir vleis met ’n sterk persoonlikheid. Moenie sê ons het jou nie gewaarsku nie.
Boetie Moer Habanero Sous
Slogan: BAIE sterk – battery acid!
Volume: 125ml
Hittevlak: 🔥🔥🔥 Baie sterk
Geurnotas:
Vrugtig • Tropies • Citrus • Dodelik skerp
Ideaal saam met:
-
Steak
-
Varkribbetjies
-
Skaaptjops
-
Enige iets wat ekstra attitude nodig het
Stoorinstruksies:
-
Skud goed voor gebruik
-
Hou in yskas na oopmaak
-
Berg op ’n koel, donker plek
-
Geen preserveermiddels
-
Skeiding mag voorkom
-
Kleur en brandintensiteit mag verskil — dis natuurlik!






admin –
Boetie Moer het my laat sweet in plekke waarvan ek nie eens geweet het nie. En ek hou daarvan! As jy van ernstig warm hou, dis jou ding.
– Mariska van Gqeberha