Sousreeks Bundel

R350,00

Vyf unieke souse — van mild tot moerwarm — met 100% organiese geur, attitude en geen preserveermiddels. Dis smaak sonder kompromie, reguit uit Suid-Afrika.

Bostokelos Volledige Sousreeks Bundel

“5 Souse. 5 Smake. Een missie: Brand jou lekker.”

Kry die hele Bostokelos-reeks in een vurige bundel en laat jou smaakknoppies ‘n volskaalse avontuur beleef. Van sag en soet tot rof en rokerig – hierdie pakket het iets vir elke tipe vurkhond.

Jy kry:

🌿 Groen Mamba (125ml) – Sagter op die o-rings met daai vars jalapeño geur.
🔥 Die Rooigevaar (125ml) – Klassieke rooi chilli met ‘n aanhoudende brand.
💣 Boetie Moer (125ml) – Habanero-hel, sterk soos battery acid.
👵 Soet Tannie (375ml) – Soet chilli met ‘n geheime skop.
🪖 Braai Generaal (375ml) – Braaisous met bevel. Rokerig, soet en sout.

Waarom die bundel koop?

  • Jy spaar in vergelyking met die los pryse.

  • Jy kan aanpas by elke gereg en gemoedstoestand.

  • Dis perfek vir geskenke, braais, of vir die hardcore chili-fan wat alles wil hê.

100% natuurlik. Geen preserveermiddels. Trots Suid-Afrikaans.
Beperkte voorraad – as dit weg is, is dit weg!

1 review for Sousreeks Bundel

  1. admin

    Ek’s mal oor hoe elke sous sy eie persoonlikheid het. Die bundel is perfek vir braais, pastas, en selfs ontbyt! Jy het altyd iets wat pas.
    – Renier van Durbanville

Add a review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Basket
Sousreeks BundelSousreeks Bundel
R350,00