Bostokelos Volledige Sousreeks Bundel
“5 Souse. 5 Smake. Een missie: Brand jou lekker.”
Kry die hele Bostokelos-reeks in een vurige bundel en laat jou smaakknoppies ‘n volskaalse avontuur beleef. Van sag en soet tot rof en rokerig – hierdie pakket het iets vir elke tipe vurkhond.
Jy kry:
🌿 Groen Mamba (125ml) – Sagter op die o-rings met daai vars jalapeño geur.
🔥 Die Rooigevaar (125ml) – Klassieke rooi chilli met ‘n aanhoudende brand.
💣 Boetie Moer (125ml) – Habanero-hel, sterk soos battery acid.
👵 Soet Tannie (375ml) – Soet chilli met ‘n geheime skop.
🪖 Braai Generaal (375ml) – Braaisous met bevel. Rokerig, soet en sout.
Waarom die bundel koop?
-
Jy spaar in vergelyking met die los pryse.
-
Jy kan aanpas by elke gereg en gemoedstoestand.
-
Dis perfek vir geskenke, braais, of vir die hardcore chili-fan wat alles wil hê.
100% natuurlik. Geen preserveermiddels. Trots Suid-Afrikaans.
Beperkte voorraad – as dit weg is, is dit weg!






admin –
Ek’s mal oor hoe elke sous sy eie persoonlikheid het. Die bundel is perfek vir braais, pastas, en selfs ontbyt! Jy het altyd iets wat pas.
– Renier van Durbanville