Moenie dat die naam jou flous nie — Groen Mamba is die sagste van die Bostokelos-reeks, maar beslis nie smaakloos nie. Hierdie sous bring ’n vars, grasgroen jalapeño-geur met ’n sagte rits hitte wat jou warm hou sonder om jou asem te steel.
Dis die ideale keuse vir avontuurlustiges wat begin eksperimenteer met vurige smake sonder om hulle sin vir smaak op te offer.
Groen Mamba Jalapeño Sous
Slogan: Sagter op die O-Rings
Volume: 125ml
Hittevlak: 🟢 Mild
Geurnotas:
Vars • Grasgroen • Effens rokerig • Mild met ’n sagte byt
Ideaal saam met:
-
Eiers
-
Toebroodjies
-
Burgers
-
Gegrilde groente
-
Nachos
Stoorinstruksies:
-
Skud goed voor gebruik
-
Hou in yskas na oopmaak
-
Berg op ’n koel, donker plek
-
Geen preserveermiddels
-
Skeiding mag voorkom
-
Kleur en brandintensiteit mag verskil — dis natuurlik!






admin –
Ek gebruik Groen Mamba amper daagliks! Hy’s mild genoeg vir my kinders, maar gee nog steeds daai lekker jalapeño geur. Dis nou wat ek noem ‘n maklike wenner.
– Luané van Kuilsrivier